Jong Pumas wen op Vanderbijl
Die Pumas se o/18 Stedelike span het hul week op 'n wennoot afgeskop, toe hulle Boland 21-18 in die openingswedstryd geklop het.
HTS Middelburg se skrumskakel, Francois de Villiers, is as die speler van die wedstryd aangewys.
Pumas Stedelik: Julian Claasen, Adolph Masuma, Jacques du Toit (HTS), Ryan Phiri (MHS), Wandile Shabangu (MHS), Marius Viviers, Francois de Villies (HTS), Eric Basson (HTS), Jonathan Kayembe, Nefdt du Toit (MHS), Jandre Coetzee, Malo Nhalabti, Sicelo Zulu, JJ Beeby, Nkosinathi Mtetwa. Plaasvervangers: Jaci Ntombeni, Gerik Mynhardt (HTS), Donell Griffiths, Tiaan Botha (HTS), Jacou Joubert, Brandon Parr-Bailey (HTS) en Andiswa Mndawe (MHS).
• Intussen het die o/16 Grant Khomo-week ook afgeskop. Die Pumas het Maandag om 16:00 teen die SWD Arende gespeel. Teen druktyd was die telling egter nie bekend nie.
