Video: Plaaslike spelers sorg vir drieëfees
Die Middelburgspelers wat in die Pumas se o/13 XV-tal opgeneem is, het vir 'n drieëfees gesorg tydens hul nasionale week in Sasolburg.
Die span het twee van hul drie wedstryde gewen en het met die Vrystaat en Luiperds klaargespeel.
Maar dit is veral die driedrukvermoë van onder andere Christiaan Vlok, Gavin van Tonder en Vuylwa Khoza (al drie van Laerskool Middelburg) wat toeskouers laat regop sit het.
Veral een van hul drieë teen die Cheetahs was ‘n juweel: Van Tonder het van agter die skrum weggebreek en verskeie verdedigers getrek, voor Khoza die bal na Vlok laat loop het om skitterend in die hoekie af te rond.
Middelburg Primary se Shannon Mandude en Zizi Mhlanzi was ook deel van die span.
•Gaan kyk na ‘n video van die drie op www.mobserver.co.za.
• Uitslae:
24-14 teen Cheetahs
17-5 teen Luiperds
10-15 teen Limpopo Blou Bulle.
