Middies wen krieketderby
Hoërskool Middelburg se eerste krieketspan is die wenners van die krieketderby teen HTS Middelburg.
En dit is veral die veelsydige bydraes van Elnu Potgieter en Aiden Vandenbrouck wat gesorg het dat Middies die kragmeting met sewe paaltjies wen.
Goeie boulwerk deur Donovan MacDonald (4/28), Vandenbrouck (3/4) en Potgieter (2/8) het die Rooipette tot 104/10 in 33 boulbeurte beperk. Die Potgieter/Vandenbrouck-kombinasie gaan waarskynlik nog lank by die Rooies spook en die twee het óók met die kolf uitgeblink om toe te sien dat Middies die wenlopies na 23 boulbeurte slaan.
HTS Middelburg: 104/10 in 33 boulbeurte
Donovan MacDonald 4/28
Aiden Vandenbrouck 3/4
Elnu Potgieter 2/8
Hoërskool Middelburg:
105/3 na 23 boulebeurte
Aiden Vandenbrouck 57*
Elnu Potgieter 40
• Die skool se o/15A-krieketspan het in ‘n naelbytstryd die Rooies met vyf lopies geklop.
Middies het eerste gekolf en 240/10 aangeteken, waarna HTS Middelburg 235/9 geslaan het.
Jean Lombard (78) en Jaco Jacobs (vier paaltjies) het die beste met die kolf en bal gevaar.
• Middies se o/14’s het egter met nege lopies teen Hoërskool Generaal Hertzog verloor.




