Saterdag is Tour de Farm!
Die Tour de Farm-bergfietswedren spring Saterdagoggend om 08:00 by die ALZU Petroport weg en vandag (Dinsdag) is die laaste dag wat jy het om aanlyn by www.cycleevents.co.za in te skryf.
Van Woensdag tot Vrydag kan jy by Go Cycle by die Midwatersentrum inskryf, of op die dag van die wedren vanaf 06:00.
• Datum: 7 November
• Plek: ALZU Petroport
• Wegspringtyd: 08:00
• Afstande: 75km, 35km, 15km en rondtes van een tot vyf kilometer.
• Inskrywingsgeld: 75km (R150); 35km (R120); 15km (R80), terwyl die rondteresies vir die jong klomp R30 kos.
• Prysgeld: Die eerste man en vrou wat oor die 75km-wenstreep is, steek R10 000 in die sak, terwyl die wenners van die 35km-resies elk R5 000 wen. Die skool met die meeste inskrywings, sal met R10 000 wegloop.
• Vir meer inligting, besoek die wedren se Facebookblad, ALZU Tour de Farm Mountain Bike Race.
