Rooi Bulle te sterk vir Kempton
Na hulle verlede jaar 12-30 teen Kemptonpark verloor het, het die Rooi Bulle die afgelope naweek behoorlik die bordjies teen die Gautengers met 'n oortuigende sege van 61-12 verhang.
Die span het altesaam nege drieë gedruk en spelers soos Zhander Joubert, JC Pretorius en Riekert Barnard het amok gemaak.
Op die netbalbaan was die Rooies se o/14A’s kop-aan-kop met Menlopark, maar slaag daarin om ‘n doel aan te teken in ekstra tyd en so as die wenners uit die stryd te tree met ‘n telling van 19-18. HTS Middelburg se netbal eindig dan ook algeheel tweede in die reeks.
HTS Middelburg se hokkieseunspanne het gesorg vir oorgenoeg opwinding in hul aksie-belaaide wedstryde! Die o/16A’s kom te staan teen Transvalia en teken die wendoel aan met die agt sekonde reël – hulle klop die Valies met ‘n telling van 3-2. Die o/16B’s maak geskiedenis as die eerste seunshokkie B-span wat deur dring na die finaal om vir posisie 1/2 uit te speel.
• Rugby (semi-finaal):
o/14A: 5-38 teen Transvalia
o/15A: 17-41 teen Pietersburg
o/15B: 0-10 teen Monument
o/16A: 8-12 teen Kemptonpark
Rooi Bulle: 61-12 teen Kemptonpark. Puntemakers: Drieë: Zander Joubert (2), JC Pretorius (2), Riekert Barnard (2), Boet Heyl, Andries Koen en Henco van Heerden. Doelskoppe: Barnard (8).
• Netbal (semi-finaal en finaal)
o/16B: 22-11 teen Monument; 11-10 teen Menlopark. Algehele wenners.
o/14A: 16-9 teen Kemptonpark; 19-18 teen Menlopark. Algehele wenners.
o/15A: 16-12 teen Transvalia; 11-20 teen Monument. Eindig sesde.
o/16A: 15-14 teen Monument; 11-15 teen Menlopark. Eindig tweede.
o/17A: 10-16 teen Pietersburg; 6-21 teen Monument. Eindig vierde.
o/18A: 29-4 teen Transvalia; 23-22 teen Marias Viljoen. Eindig negende.
• Dogtershokkie (semi-finaal)
o/14A: 0-5 teen Nelspruit (speel uit vir 7/8)
o/15A: 0-6 teen Nelspruit (speel uit vir 7/8)
o/16A: 5-0 teen Florida (speel uit vir 13/14)
Eerste span: 0-3 teen Monument (speel uit vir 7-8)
• Seunshokkie (Semi-finaal)
o/14A: 6-2 teen Monument (speel uit vir 5/6)
o/16B: 1-0 teen Transvalia (speel uit vir 1/2)
o/16A: 3-2 teen Transvalia (speel uit vir 5/6)
Eerste span: 1-2 teen Transvalia (speel uit vir 7/8)
FOTO: Judette Franzoso.





