Sport

Rooies in Laeveldson

Die stof het skaars gaan lê na die vorige naweek se Klassieke Stryd en HTS Middelburg se kragte is wéér eens onder drukkokeromstandighede beproef, dié keer op hul Laeveldse safari by Hoërskool Nelspruit.

Die Nelspruiters se eerste rugbyspan blyk om dié span in vanjaar se Makroskoolliga te wees en Boet Heyl se driekuns was tevergeefs na die Rooi Bulle 29-43 verloor het. Die skool se B-rugbyspanne was egter almal aan die wenkant, terwyl die eerste dogtershokkiespan 1-0 gewen het.

• Uitslae (HTS Middelburg se tellings eerste):

Rugby:

o/14A: 20-29

o/14B: 29-0

o/15A: 14-33

o/15B: 41-10

o/16A: 10-34

o/16B: 22-50

Vierde span: 47-0

Derde span: 34-15

Tweede span: 27-15

Eerste span: 29-43. Puntemakers: Drieë: Boet Heyl (3), Henco van Heerden. Doelskoppe: Riekert Barnard (3). Strafskop: Barnard.

Netbal:

o/14A: 21-13 teen Nelspruit; 27-13 teen Ben Vorster

o/15A: 30-18 teen Nelspruit A2; 23-29 teen Ben Vorster

o/16A: 29-21 teen Nelspruit, 41-5 teen Nelspruit A2; 29-19 teen Nelspruit o/15A1

o/18A: 26-32 teen Nelspruit

Netbal – Nkangala B-spanne uitspele

o/14B: 21-1 teen Kanonkop, 28-1 teen Hendrina, 32-0 vs Steelcrest.

o/15B: 26-1 teen Steelcrest, 24-4 teen Kanonkop, 11-0 teen St Thomas (oefenwedstryd; opponent daag nie op nie).

o/16B: 25-3 teen Kanonkop

o/18B: 12-7 teen Kanonkop; 13-11 teen MHS

Baie geluk aan die o/14B-, o/15B-, o/16B-, o/17B- en o/18B-spanne wat Nkangalawenners is!

Dogtershokkiespanne:

o/14A: 0-0

o/14B: 0-1

o/15A: 0-0

o/15B: 1-1

o/16A: 0-2

o/16B: 0-2

Tweede span: 1-1

Eerste span: 1-0

• Eerskomende Saterdag, 28 Mei, neem die Rooies se netbalspanne deel aan die Streekproewe en die skool se luggeweerskietspan berei hulle voor vir die Prysskiet 5-Kompetisie teen Bergvlam.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button