Middies laat Laevelders sweet
Hoërskool Middelburg se eerste rugbyspan het Saterdag weer soos die span van ouds gelyk toe hulle Nelspruit onder die Hoëveldson laat klippe kou het.
Die Laevelders het weliswaar die wedstryd met 13 punte gewen, maar het eers láát in die tweede helfte die wendrieë gedruk. Trouens, Middies het vir lank 10-8 voorgeloop.
Die tuisspan het as ‘n eenheid saamgespeel, met durf verdedig en met waagmoed aangeval. Dan het hulle die spel lekker vinnig probeer maak om die groter Nelspruiters te kniehalter.
Wandile Shabangu het ‘n vuurvreter-vertoning gelewer, terwyl Morné Sonnekus met sy skopwerk beïndruk het.
Op die hokkieveld het die eerste dogtershokkiespan gelykop gespeel, maar is as die ligawenners gekroon.
• Dogtershokkie:
o/14A: 2-1 (MHS is ligawenners)
o/14B: 2-3
o/15A: 0-0 (MHS is ligawenners)
o/15B: 2-4
o/16A: 0-0 (MHS is ligawenners)
o/16B: 1-2
Tweede span: 0-0 (MHS is ligawenners)
Eerste span: 0-0 (MHS is ligawenners)
• Rugby:
o/14A: 7-0
o/14B: 19-7
o/15A: 5-27
o/16A: 12-15
o/16B: 3-42
Vierde span: 5-27
Derde span: 8-18
Tweede span: 5-34
Eerste span: 10-23. Puntemakers: Drie: Wandile Shabangu. Doelskop: Morne Sonnekus. Strafskop: Sonnekus.
• Seunshokkie:
Tweede span: 5-0 teen Hendrina se eerste span
o/15B: 6-0 teen Hendrina o/16A
o/14: 1-0 teen HTS Witbank
o/16A: 3-0 teen HTS Witbank
Tweede span: 4-0 teen HTS Witbank
Eerste span: 0-1 teen HTS Witbank.