Trap word toe stoot-stoot
Die uitdagende bergfietswedren, wat tydens Laerskool Uitkyk se eeufees plaasgevind het, was 'n reuse sukses.
Daar was ‘n groot aantal fietsryers, hoofsaaklik van Middelburg, wat aan die 40 km en 20 km bergfietswedren deelgeneem het.
Dit was ‘n uitdagende roete en fietsryers moes hulle trap ken.
Ná ‘n lekker lang vinnige pas by Ribbokkloof-oord, het ‘n steil bult gevolg, waar amper almal hulle fietse moes uitstoot.
Selfs die jongspan het hulle 1 km-roete ook geniet en almal sien uit na 2017 se wedren.
Die uitslae was soos volg:
Mans 40 km: Johan Moller (1:43:32), Marnus Potgieter (1:51:07) en Mattys Prinsloo (1:53:29)
Vroue 40 km: Debbie Baillie (2:22:05), Natasha Haremse (2:26:38) en Sannet Griesel (2:26:38)
Mans 20 km: Pierre de Jager (1:07:21) en Alwyn Vermeulen (1:09:20)
Vroue 20 km: Nommer 2000 (1:21:48), Tina de Jager (1:26:35) en Liesel Strydom (1:35:16)
As jy gereeld op hoogte gehou wil word van fietsgebeure en oefentye, stuur jou selfoonnommer na Debbie by 082 425 9733 om by die Fietsry WhatsApp-groep gevoeg te word.


