Sport
Pumaki Rugby sluit op hoë noot af
Die jaar se Pumaki Rugby seisoen het op 'n hoë noot afgesluit met Saterdag se Old Boys toernooi by Event City wat uitstekend georganiseer was.
Ywerige jong rugbyspelers het vir die laaste keer kans gekry om hul vernuf op die rugbyveld te wys, terwyl menige ouer se stembande seker ook die einde van die seisoen, en ‘n broodnodige ruskans, verwelkom.
Saterdag se toernooi by Event City het gesorg vir groot sports toe die pa’s van al die deelnemende skole teen mekaar moes meeding vir R20 000 prysgeld.
‘n Opwindende finaal tussen Kleuterskool Gansiekeur en die Middelburg Rugbyklub, ag ek bedoel Laerskool Middelburg, is naelskraap deur die Koedoekoppe gewen.
Sportmangees het egter geseëvier en hulle het die prysgeld met Gansiekeur gedeel.
gevang het. FOTO: Jana Boshoff.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






