Rooi Bulle oorheers halfeindstryd
Dit is die Rooi Bulle teen Nelspruit in die eindstryd van die Mpumalanga Makroskoolreeks na Coene Nolte se span hul halfeindstryd met 67-20 teen Hoërskool Middelburg gewen het.
Die Rooi Bulle het elf drieë gedruk met hul vleuel – Waldo Conradie – wat vier keer deur die Middieverdediging gebars het.
Wat die A-spanne betref sal HTS se o/15’s, o/16’s en eerste spanne teen Nelspruit speel, terwyl Hoërskool Middelburg se o/14-span die Laevelders in die finaal sal pak. Die eindstryde word na die skoolvakansie op 23 Julie by Nelspruit beslis.
Die eindstryde van die B-spanne is die naweek afgehandel, met die Rooies se o/14B-, o/15B, derde en vierde span wat die provinsiale kampioen is. Nelspruit se o/16B’s en tweede span is Mpumalanga-wenners.
• Puntemakers:
Rooi Bulle: Drieë: Waldo Conradie (4), JC Pretorius (2), Uys du Preez, Ruben Cross, Boet Heyl, Japie Kleinhans en Ryan Cloete. Doelskoppe: Riekert Barnard (6).
Middies: Drieë: Casper Jordaan, Steven Pieterse en Wandile Shabangu. Doelskop: Moré Sonnekus. Strafskop: Sonnekus.
• Uitslae (HTS Middelburg as gasheerskool se telling eerste):
o/14A: 7-17 teen Nelspruit (halfeindstryd)
o/14B: 12-7 teen MHS (eindstryd)
o/15A: 49-5 teen MHS (halfeindstryd)
o/15B: 40-0 teen Nelspruit (eindstryd)
o/16A: 22-20 teen MHS (halfeindstryd)
o/16B: 0-33 teen Nelspruit (eindstryd)
Vierde span: 40-7 teen Nelspruit (eindstryd)
Derde span: 22-3 teen Nelspruit (eindstryd)
Tweede span: 5-39 teen Nelspruit (eindstryd)
Eerste span: 67-20 teen MHS (halfeindstryd).




