Sport

Flopsport: Tobie van den Bergh

Wat is die ergste? Om teen vyftien vuurvreter Japanese te verloor of teen veertien Iere?

•”Toetie jou lekker ding!”. “Bokke bevry van stampkar rugby”. “Uiteindelik uit hulle dwangbuis”. “Nuwe era vir Bokrugby”.

Uit die Suide is daar gejuig, nadat een van “hulle” afrigters aangestel is. Ou Heyneke is uitgemaak as dinosourus. En noudat die Bok uit die dwangbuis is?

•Red ons land van so klomp naprater rugbyskrywers. Ons kort weer ‘n Quintus van Rooyen.

•Dalk moet ons Toetie dagvaar vir al die boerewors, biltong en limonade, wat ons help opwarm én gemors het vir die Ierse fiasko. (Of dalk vir Malbaloela want sy Bokspan, sy Jong Bokspan en sy krieketspan het verloor).

•Een ou was so kwaad na die Ierse nederlaag, hy was lus en drink sy brandewyn met ‘n geroeste spyker.

•Sê iemand Frans Malherbe is ‘n lopende strafskop – gedink hy is ‘n skrummende een.

•”Two white!” “Two white!” O tog, is ons alweer te wit! “Too white?” Nee, dit was toe net skeidsregter Rasta wat die Sekstons se haker aangespreek het.

•Lekker om by rugbyklubs te kuier. Rugbyklubs het karakter, dit lewe, dit vertel vir jou die verhaal van ‘n dorp en sy mense. Maak ‘n draai by Randfontein Rugbyklub waar ‘n legende soos Charles Pieterse sy rugby gespeel het. By die voordeur staan daar groot: “House of pain” en natuurlik geborg deur? Klipdrift!

•In 1976 kom ‘n staatsaanklaer op Witbank aan met sulke kiewiet beentjies. Hy draf vir Witbank op heelagter uit. Skryf ‘n storie met die opskrif: “Die skoppende aanklaer”.

Bel my gereeld oor lekker hofstories, in Churchills vele aande oor rugby en ander dinge gepraat. Later draf hy op losskakel vir Middelburg uit.

Hy word tydens ‘n wedstryd om die veld gejaag deur Simon van Niekerk, wat hom sekerlik sou vermoor het, as hy hom in die hande kon kry, nadat hy hom gepootjie het.

Hi, en vandag is Leon van den Berg se dogter, Alra, die baas van die bowwe by Middelburg Buiteklub.

•Dit het Vrydag gekook by Laerskool Middelburg se gholfbaan, of het dit geskop?

•Nee, hulle vang nie vis op die gholfbaan, hulle vang gholfballe. Vra ‘n vrou, wat duidelik nog nooit op ‘n gholfbaan was nie, by een van die verversingspunte, toe sy ‘n man sien in een van die watergate: “Vang hy vis?”

•Is ondenkbaar. Black Aces se naam verander, noudat hulle na Kaapstad verhuis. Die Coal City Giants is nie meer nie.

•Akker van der Merwe kan dalk ‘n “wild warthog” wees, maar daar in die tagtigerjare het Suidoos-Transvaal ‘n “little wild rhino” gehad. En dit was goed om hom weer by ‘n Pumakie rugbydag raak te loop. Jan Loubser was ‘n loskop stut wat met sy kort beentjies soos ‘n vleuel kon hol.

Teen Griekwas op die Johan van Riebeeck stadion het hy die bal op die halflyn in die hande gekry. Die Griekwa vleuels het geglimlag, toe hulle die nommer een op sy rug sien. Maar toe lyk dit of daar ‘n 14 staan. Die klein wille renostertjie het vir almal weggehardloop en onder die pale gedruk.

•Gee hom ‘n Roos. Nee man, nie ‘n Bles Roos nie! Piet Lodder, Ben Badenhorst, Piet Cloete, Hendry van Tonder en Francois Rossouw, was die sement by Middelburg Rugbyklub. Nou kan daar nog ‘n naam bygevoeg word: Roos, Louis Roos.

•Nou goed, daar gaan ons alweer. Gaan die Iere met ‘n Bokvel huistoe en sing hulle Saterdagaand weer: Oh, my name is Jock Stewart, I’m a canny gaun man and a roving young fellow so be easy and free, when you’re drinking with me. I’m a man you don’t meet every day. I have acres of land. I have men of command. I have always a shilling to spare, so be easy and free, when you’re drinking with me.

So come fill up your glasses with brandy and wine what ever it costs, I will pay, so be easy and free, when you’re drinking with me…

•Van sing gepraat. Noudat ons eie Vernon Barnard die volkslied gaan sing, sal ons maar moet kyk, al is dit net om te sien hoe sing Vernon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button