Sport

JC in SA-skolespan

JC Pretorius se harde werk is beloon met ’n plek in die SA Skolespan. Die blonde flank van HTS Middelburg beleef ’n skitterende 2016 – ’n driekuns gedurende die Classic Clash, drie speler-van-die-wedstryd-vertonings by die Cravenweek en nou ’n kans om sy talent op die internasionale verhoog uit te stal.

Dan kyk die nasionale sewesafrigter, Neil Powell, óók na Pretorius.

• Nie één ander Pumaspeler het die nasionale skoolgroep gehaal nie. Nie Dewald Maritz (wie verlede jaar vir die jong Bokkies uitgedraf het) óf die vlugvoetige Jaco Joubert is deel van die span nie.

Die meeste spelers is van Paarl Boys High.

• Die spelers en hul skole:

Emilio Adonis (Garsfontein); Reece Bezuidenhout (Paarl Boys High); PJ Botha (Monument); Ruan de Swardt (Affies); Ben-Jason Dixon (Paul Roos); Muller du Plessis (Paarl Gimnasium); Richman Gora (Welkom Gimnasium); Daniel Jooste (Paarl Boys High); Rewan Kruger (Grey Kollege); Gianni Lombard (Paarl Boys High); Khwezi Mafu (Grey High); Mike Mavovana (Rondebosch Boys High); Nathan McBeth (Monument); Salmaan Moerat (Paarl Boys High); Khanya Ncusane (Paarl Boys High); Johan Neethling (Paarl Boys High); Sihle Njezula (Grey High); JC Pretorius (HTS Middelburg); Rikus Pretorius (Grey Kollege); Manuel Rass (Paarl Boys High); Sazi Sandi (St Andrews College); Charl Serdyn (Paarl Boys High); Wandisile Simelane (Jeppe Boys High); PJ Steenkamp (Garsfontein); Muller Uys (Paarl Gimnasium); Damian Willemse (Paul Roos).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Johann Gresse

Journalist at Middelburg Observer
Back to top button