Wie sal wen tussen die twee spanne?
Toe die Lions verlede naweek op Emirates Airlinepark met die Highlanders klaargespeel het, het hulle vir die eindstryd van die 2016 Superreeks gekwalifiseer.
Maar dit is nie die eerste keer dat die Johannesburgers in só ’n internasionale finaal speel nie.
Die Leeus het in 1993 op Ellispark vir Auckland 20-17 geklop om as die Super 10-wenners gekroon te word. En hoewel mens nie veronderstel is om verskillende eras met mekaar te vergelyk nie, sal dit tóg interessant wees om dié twee spanne teen mekaar op te weeg.
Beide eras het immers gewemel van die Springbokke.
In 1993 het die Leeus spelers soos Japie Mulder, Pieter Hendriks, Hennie le Roux, Johan Roux, Francois Pienaar, Hannes Strydom, Uli Schmidt en Balie Swart gehad om vanuit te kies.
Die 2016-span wat teen die Highlanders diens gedoen het, het internasionale spelers soos Ruan Combrinck, Lionel Mapoe. Elton Jantjies, Faf de Klerk, Jaco Kriel, Franco Mostert en Julian Redelinghuis in sy geledere.
Wie sal wen as dié twee Leeuspanne mekaar sou pak?
Van die lekker tweestryde sluit die volgende in:
• Pieter Hendriks teen Ruan Combrinck
• Japie Mulder teen Lionel Mapoe
• Hennie Muller teen Elton Jantjies
• Johan Roux teen Faf te Klerk
• Francois Pienaar teen Jaco Kriel
• Balie Swart teen Julian Redelinghuys
• Kobus Wiese en Hannes Strydom teen Franco Mostert
Leeus 1993 teen Auckland: Theo Jansen van Rensburg, Pieter Hendriks, Bernard Fourie, Japie Mulder, Chris Dirks, Hennie le Roux, Johan Roux, Deon Lötter, Ian Macdonald, François Pienaar, Hannes Strydom, Kobus Wiese, Johan le Roux, Uli Schmidt, Balie Swart.
Lions 2016 teen Highlanders: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Rohan Janse van Rensburg, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Faf de Klerk, Ruan Ackermann, Warwick Tecklenburg, Jaco Kriel, Franco Mostert, Andries Ferreira, Julian Redelinghuys, Malcolm Marx, Dylan Smith.

