Middies troef Rooies met nege paaltjies
Hoërskool Middelburg se eerste krieketspan het in ’n T20-wedstryd teen HTS Middelburg koning gekraai, toe hulle die Rooies met nege paaltjies geklop het.
HTS het eerste op hul tuisveld gekolf en 133/9 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Middies se Aiden Vandenbrouck het drie paaltjies in die Rooies se beurt laat kantel.
Vandenbrouck en Arno Kruger het daarna ’n stewige openingsvennootskap vir MHS gebou, vóór Kruger met die telling op 35 skoongeboul is.
David Blenkinsop het daarna saam met Vandenbrouck gesorg dat die Middietelbord bly beweeg en hulle het die wenlopies in die 15de boulbeurt aangeteken.
Vandenbrouck het op 69* klaargemaak, terwyl Blenkinsop op 47* geëindig het.
Read other news here:
O ‘Krokke’- waan laat my staan….
Gaan ons water vanaf Witbankdam kry?
Mhluzi headmaster allegedly paralyses 14 years old
Back to the 60’s for 90 year old Joe
For daily news updates:
Send a message to our SMS line 33658, like us on Facebook and follow us on Twitter.
For videos check out our YouTube channel.
