Swartes kan ‘Poorte met dié span aanval
Middelburg Rugbyklub begin Saterdag amptelik met hul seisoen wanneer hulle vir Roodepoort op die Kees Taljaard Stadion in ’n vriendskaplike wedstryd pak.
En al is verskeie spelers nie vir dié kragmeting beskikbaar nie, spog die Swartes steeds met ’n gevaarlike span.
Kyk gou vinnig na dié agterlyn: Danie Malan, Thabang Nkosi, Louis Roos, Sam Gerber, Bevan McGuire en Johan van der Walt – spelers wat oor ervaring, spoed en rugbyslinksheid beskik.
Voorlangs sal Stoof van Dyk die fort hou, terwyl Braam van der Merwe, JP Schonfeldt en Jandre Willer die voorry is.
Al is dit nog vroeg in die seisoen, het die klub reeds ’n baie opwindende groep spelers om vanuit te kies.
• Die eerste span speel om 15:30.
Nashua Middelburg Rugbyklub: Danie Malan, Thabang Nkosi, Louis Roos, Sam Gerber, Bevan McGuire, Johan van der Walt, Christiaan van Rooyen, Brandon Krause, Stoof van Dyk, Jan Pretorius, Francois van Niekerk, Braam van der Merwe, JP Schonfeldt en Jandre Willer.
