Sport
Video: Middies baas in hokkie
As Woensdagmiddag se hokkiewedstryde ’n aanduiding is van wat wat Saterdag tydens die Classic Clash kragmeting tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg wag, gaan dit ’n dag vol drama en spanning wees.

Verkeer het na die tyd ’n halfuur opgehoop soos die duisende toeskouers by die huis probeer kom het.
Op die veld het dit rof gegaan met albei spanne wat elke greintjie krag vir hulle skool ingespan het.
Middies was lank met 3-1 voor, maar ’n doel sowat tien minute voor die einde deur die Rooies, het die laaste minute senutergend gemaak.
Boonop het Middies gou drie geelkaarte gekry.
Die beker en spogregte gaan egter vanjaar aan Middies se seuns.
Die Middelburg Observer publiseer vandag ’n bylaag propvol Classic Clash nuus.
Die slegte nuus is dat daar koue en reën voorspel word vir Saterdag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
