CrossFit Artaxes wen Brawl of the Boxes
CrossFit Artaxes se spanne het die Brawl of the Boxes-kompetisie in Klerksdorp oorheers.
Nà vier oefensessies wat oor twee dae gestrek het, het die span eerste in hul kategorie klaargemaak.
Die span was:
•Hennie Janse van Rensburg
•Lafras Moolman
•Jaco le Roux
•René Janse van Rensburg
•Daleen Swart
•Gilmari Reyneke
Hannes Potgieter en sy spanmaats tweede in hul afdeling geëindig het.
So tussendeur die pret het die Artaxes-lede ook die wenkbroue van selfs gesoute CrossFitters gelig.

In die clean and jerk-afdeling het Le Roux 130 kilogram bo sy kop opgetel, terwyl Janse van Rensburg 125 kilogram suksesvol aangedurf het.
• CrossFit Artaxes se oefentye by HTS Middelburg:
Maandag tot Vrydag: 05:00; 06:00; 07:30; 08:30; 17:00 en 18:00.
Saterdae om 07:30.
• Vir meer inligting, bel 072 391 2604 of 084 580 8165. Hul webblad (www.crossfitartaxes.co.za) kan ook besoek word.
