Video: Flopsport
Wanneer die ou en nuwe Suid-Afrika ontmoet. Lekker! By die Mpumalanga Fietstoer se prysuitdeling Donderdagaand by Loskopdam het die reënboog in al sy kleure geskyn. Daar was krom Afrikaans en krom Ingels. Alles in 'n gees van samehorigheid.
•Die Mpumalanga fietsry voorsitter was van Wagenaar, tot Havenaar en Wagener.
•Dr PM Lubisi, die agbare MEC, het laat waai met “the only bicycle I can ride is a dikwiel”.
•Die man van die aand was die seremoniemeester wat vertel het dat hy twee Afrikaanse liedjies ken: “Jan Pierewiet” en “Dis julle wat die wind”. Toe laat waai hy met “dis ‘n bóé baaitjie, dis ‘n onner baaitjie, disse onnerstebóé baaitjie…”.
Kyk video hier:
•Natuurlik was dit veral lekker met soveel Middelburgers daar: Awie Storm, Hugo Weyers, Rudi van Wyk, Bart Harmse, Gustav Basson en Thokozani Mahlangu.
•Ongelukkig kon die nimlike Kobus Tait van Forever nie die aand bywoon nie. Ons onbetroubare bron beweer hy het ‘n besering opgedoen toe hy van sy health walker afgeval het.
•Dit snol en dit hol. Mammas het keelseer van die gil, oumas se hartpilletjies werk oortyd. Dis Interhuis en dis tog te kosbaar.
•Die ammele ammele ou goedjies, is deesdae net vyf jaar oud en dan hol hulle al in die 60 en 80 m. Wat is volgende? Vyftig meter baba kruip?
•Hoor een seuntjie was losvoor. By die eindpunt het hy in trane uitgebars. Toe iemand vra waarom huil hy so, antwoord hy: “Waarom jaag hulle my so?”
•Ai tog, as jy ‘n tweeling is, een gebore met spoed en die ander sonder spoed. Dan staan jy sommer met jou vetkoek in die hand nader om saam met sussie op die rostrum te klim.
•Vreemd! Dat ‘n vrou van Broodsnyersplaas wat aan Hoërskool Middelburg matrikuleer het se seun in die kwarteind is van die Australiese Ope! Dan is sy naam nog Tennys! Tennys Sandgren se ma, Lia, was ‘n nooi Lourens van Middies.
•Ching Chong Chung! ‘n Koreaan met brille in die halfeind van die Australiese Ope.
•John Mitchell het beslis ‘n nuwe Paige omgeslaan.
•Jacques Potgieter kan nou al sy tyd spandeer aan fotosessies vir Huisgenoot saam met sy kinders en vroutjie Angelique, nadat hy uit die Bulls se groep weggelaat is.
•Lekker sewes die naweek en die blitse kan weer wen as hulle na afrigter Neil Powell luister: “Gee die bal vir die ou met die dreadlocks”.
•Een jaar is ‘n Blougat by HTS Middelburg sommer op die eerste dag al Dawid gedoop, daar was ook Blatjang en nou Sparerib. Vindingryk vandag se kênners. Waar Thato Sekgwele aan Sparerib kom sal net die Blougatte weet
•Amakhosi or The Brazilians? Pitso or Steve? The sky is the limit!
