Sport

Gewilde Classic Clashes kry die doodskoot

Middelburg sal waarskynlik nooit weer ’n Classic Clashes rugbyweek aanbied nie.

Na dreigemente van hofsake het die gewilde kragmeting tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg die doodskoot gekry, toe aangekondig is dat hofaksies gestaak word.

HTS Middelburg is bereid om te kyk na ‘n finansiële bydrae, weens die verlies wat Hoërskool Middelburg gaan ly.

Lees ook: Classic Clashes “Beste memory” nou verby

Duisende oudleerlinge het jaarliks op die dorp toegesak vir die grootste sportgebeurtenis van die jaar.

Die dag is die laaste twee jaar by HTS Middelburg aangebied sodat Hoërskool Middelburg dit in sy eeufeesjaar kon reël.

Die voorsitter van die beheerliggaam in 2016, ds Nicolaas Steenekamp, het die belofte in ’n brief aan die Middelburg Observer gemaak.

HTS Middelburg het toe die datum vir die kragmeting ter sprake kom volgens Hoërskool Middelburg nie daarop reageer nie.

Kyk die video wat www.observer.co.za gemaak het waar ons terug kyk na al die herinneringe van die Classic Clashes: Classic Clashes tussen Hoëerskool Middelburg en HTS Middelburg af 

Ander nuus:

VIDEO: Opvolg – Jong Koedoe het kakebeen gebreek

VIDEO: Koedoe hol by skool se ouditorium in

VIDEO: Koedoe het dorp op hol, want hy hol die hele dorp vol

Is ’n boer se lewe net R1000 werd?

Vroue se juwele van nekke geruk

Bonckerstraat is weer skoon!

Weather for the week

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button