Sport

Duisende drawwers reeds op dorp – verwelkom met swaar reën

Die 32ste Loskop ultra-marathon spring ses uur moreoggend in John Magagulastraat weg met die Wild Challenge (halfmarathon) kort daarna net vorr die Loskop natuurreservaat.

Dit kan ‘n nat 50 kilometer wedloop wees met swaar reën wat reeds op die dorp uitgesak het en 60% kans vir meer reën more.

  • Daar is vanjaar 5 936 inskrywings vir die twee wedlope ontvang.
  • Die ultramarathon het 4045 inskrywings; waarvan 2831 mans is en 1214 vrouens.
  • Die permanente nommers wat uitgedeel kan word – dit is nou as jy jou 10de Loskop kafgedraf het:

Lees ook: Brace yourself for rain

– Hoveel nommers al uitgegee is oor 31 jaar: 1625

– In 2018 word daar verwag om 94 permanente nommers uit te deel.

– 19 Atlete sal hulle 20 ste Loskop aanpak

– Vier atlete sal hulle 25 ste Loskop voltooi.

  • Dan hardloop Jan van vreden van Assegaai Marathonclub op Piet Retief sy 30 ste marathon. Jan het vir  jare die blinde prokereur van Piet Retief – Chris Stander – begelei op wedlope. Hy is slegs die sewende ontvanger van die gesogte “Driedubbel Goue Lourier” toekenning (een Lourier vir elke 10 jaar wat jy die wedloop voltooi het).
  • Op die 21 km is daar 1 817 inskrywings waarvan 803 mans is en 1 014 vrouens. Daar is 211 meer  vrouens as mans. Daar word vanjaar 18 permanente nommers op die Wild Challenge uitgegee.
  • Die Middelburg Observer het n spog bylaag gepubliseer die week, waarvan duisende ook more by die eindpunt uitgedeel gaan word.
  • Die dorp staal hom om sy beste voet voor te sit.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button