Kloppers lei Pumas op die veld
’n Nuwe kaptein is vir die iCOLLEGE Pumas gekies vir hulle kragmeting Vrydagaand op Loftus Versfeld teen die Blou Bulle.
Die slot Hugo Kloppers sal die Laevelders in die afwesigheid van die gereelde kaptein, Hennie Skorbinski, op die veld lei.
Met Skorbinski beseer skuif Ryan Nel binnesenter toe met Neill Maritz wie inskuif van vleuel af binnesenter toe.
Devon Williams kry ook ’n beginkans in die beseerde heelagter Gerrit Smith se plek en Morné Joubert kry ’n kans op regtervleuel.
Lees ook: Pumas kies vir Haai-aanslag
Die enigste verandering aan die agttal is die insluiting van die oud Bul en vaskop, Andrew Beerwinkel, wie die afgelope paar weke goeie impak van die bank af gemaak het.
Die skrum- en losskakel Abrie Griesel en Kobus Marais is ook die week op die Pumas se bank.
iCOLLEGE Pumas vs Blou Bulle:
Devon Williams; Morné Joubert, Neill Maritz, Ryan Nell, Ruwellyn Isbel, Christopher Smith, Stefan Ungerer, Willie Engelbrecht, Stefan Willemse, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers (k), Le Roux Roets, Andrew Beerwinkel, Marko Janse van Rensburg, Khwezi Mona. Plaasvervangers: Simon Westraadt, De-Jay Terblanche, Hilton Lobberts, Francois Kleinhans, Abrie Griesel, Kobus Marais, Henko Marais.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
