Sport

Classic Clashes weer nie gespeel?

Die jaarlikse derby tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg gaan waarskynlik weer nie volgende jaar plaasvind nie.

Dit blyk uit korrespondensie tussen die twee skole.

Virsekerbeker se organiseerders het reeds die versoek gerig dat alle belangrike datums en spesiale versoeke van die deelnemende skole aan hulle deurgestuur moet word, sodat die bepalings vir 2019 uitgewerk kan word.

Lees ook: VIDEO: Karien is pure goud

Korrespondensie tussen Hoërskool Middelburg se Sarel Bosman (rugbyorganiseerder) en HTS Middelburg se Gert Lindeque (direkteur van rugby) is dit duidelik dat die 2019-datum in gedrang is.

Hoërskool Middelburg het 11 Mei 2019 (weer eens die tweede naweek in Mei) voorgestel as die derbydatum, maar HTS Middelburg het geantwoord dat hulle nie op dié stadium ‘n antwoord kan gee nie.

Lees ook: Meningspeiling – Dalk geen meer Classic Clash

Daar was toe aangevoer dat HTS nog vir ‘n Kaapse skool wag op hul antwoord vir 2019 en dat die Virsekerbekerbepalings ook ‘n direkte invloed op hul besluit het.

In ‘n latere korrespondensie word MHS meegedeel dat HTS Middelburg se program reeds vol is en dat hulle nie op 11 Mei 2019 geakkommodeer kan word nie.

Mnr. Josef van Eeden (voorsitter van HTS Middelburg se beheerliggaam) het gesê dat hy nie nou al ‘n definitiewe antwoord kan gee nie, maar dat daar wel binnekort vergader sal word om die situasie te bespreek.

Lees ook: Classic Clashes: “Beste memory” nou verby

Hy het bygevoeg dat 11 Mei 2019 nie haalbaar sal wees nie.

•Die Classic Clashes lok jaarliks duisende toeskouers maar het nie vanjaar plaasgevind nie.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button