Dit is ‘n Saterdag by die Jeug Olimpiese Spele in Buenos Aires, Argentinië, en die 17-jarige Esterhuizen is die enigste Suid-Afrikaner in ‘n veld van 17 atlete wat by dié item in aksie is. Hy staan by die begin van sy aanloop en begin ritmies nader te draf.
Met een eksplosiewe beweging van sy regterarm stuur hy die spies in die Argentynse hemelruim in…
Byna 78m verder en Esterhuizen is die gunsteling om die goue medalje te wen.
Terug in Suid-Afrika is dit nie net sy skoolmaats by Hoërskool Wagpos wat sy vordering met groot belangstelling dophou nie, maar ook ‘n hele paar onderwysers en vriende by Laerskool Staatspresident C.R. Swart. Want dié goue atleet was hoofseun by C.R. in 2014, graad agt by HTS Middelburg, voor sy ouers na Brits verhuis het.
“Hy mis sonder enige twyfel sy dae by C.R. Swart! Hy was vanaf Graad R daar en het saam met sy maats by die skool groot geword.
Hy praat steeds van juffrou Via Fouché as die beste Wiskunde-onderwyser in die wêreld,” vertel sy ma, Anoesjka, Dinsdagoggend.
Lees ook: Classic Clashes weer nie gespeel?
Sy voel dat Jano nog altyd van nature ‘n sportman is – hy speel krieket en sagtebal vir Wagpos en was gekies vir die eerste rugbyspan (hy het egter onttrek omdat hy nie sy Olimpiese droom met moontlike beserings wou vertroebel nie).
“Ek dink egter wel nie dat een van ons ooit sou kon droom dat hy op Olimpiese vlak sou deelneem nie – daar is só baie goeie atlete in die wêreld.
Maar hy het so twee jaar gelede oor die Jeugspele begin praat en dit het vir hom as motivering gedien om harder te oefen.”

Jano se werksetiek word deur sy destydse afrigter by C.R. Swart, Roelf Fritz, beaam.
“Hy het baie deursettingsvermoë en hy sal aanhou werk totdat hy sy doelwit bereik.
Boonop het hy ‘n baie natuurlike aanvoeling vir spiesgooi.
Ek dink my beste herinnering van hom op skool was toe hy die eerste keer die korrekte tegniek gebruik het.
Die opwinding op sy gesig was duidelik vir almal om te sien; en ek dink my gesigsuitdrukking het syne weerspieël!”
Een van sy groot sterk punte is die feit dat hy teleurstellings in iets positiefs kan omskakel.
Lees ook: Nkangala athletes qualify for SA Championships
“Daar was al ‘n hele paar negatiewe oomblikke in sy loopbaan, maar wat saak maak is hoe jy opstaan, die stof afskud en weer van voor probeer.
Ons gesin glo dat alles met ‘n doel gebeur, en maak nie saak wat jy bereik nie, jy moet nederig bly.”
Sy pa – Jaco – was saam met hom in Argentinië, terwyl sy ma en suster (Milé) bankvas agter hom is voor die TV.
En hul ondersteuning werp duidelik vrugte af, want daardie gooi van 77.69m is die beste van sy jong loopbaan.
Jano droom nou van ‘n plek in die 2020 Olimpiese span na Tokio en daardie gooi (weer eens, dáárdie gooi) het baie gedoen om sy drome te bewaarheid.
• Tennisspelers, soos Rafael Nadal, se een arm is duidelik groter as sy ander een. Het spiesgooiers dieselfde probleem?
“Ja, sy een arm is beslis ‘n bietjie groter as sy ander een!” bevestig sy ma laggend.
• Hy het laat Dinsdagaand aan die tweede spiesgooi-rondte deelgeneem en kon nie sy poging van Saterdagaand ewenaar nie.
Hy het uiteindelik sesde geëindig.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
