Hokkie bult spiere op toer
Die eerste seuns- en dogtershokkiespanne van HTS Middelburg het gedurende die vakansie na Mooirivier getoer, waar hulle aan die Treverton Hokkiefees deelgeneem het. Die eerste seunshokkiespan is onstuitbaar en word as wenners van die toernooi aangewys!

Uitslae van die onderskeie wedstryde wat die eerste seunshokkiespan gespeel het, is soos volg (met die Rooies se tellings eerste):
HTSM vs Treverton 3-0
Puntemakers was Landru Scorgie, Léan Labuschagne en Zan-Roux Heiberg.
HTSM vs Hoërskool Kloof 3-1
Puntemakers Léan Labuschagne, Pieter Alberts en Divan Voges.
HTSM vs Waterstone College 1-0
Puntemaker Tiaan Genis.
HTSM vs Trevorton Festival 4-0
Puntemakers was Erich Eksteen (2), Landru Scorgie en Hanru Fraser.
HTSM vs Hillcrest Curro 4-0
Puntemakers was Landru Scorgie (2), Erich Eksteen en Hanru Fraser.
HTSM vs Aurora Curro 0-0
HTSM vs Dainfern 1-1
Quintin Janse van Rensburg
HTSM vs South City 3-0
Puntemakers Tiaan Genis en Landru Scorgie (2).
Die eerste dogtershokkiespan wen sewe uit agt wedstryde waartydens hulle 13 doele aanteken en slegs twee afstaan.
Die dogters speel nie net as span skitterende hokkie nie, maar behaal ook individuele prestasies:
•Beste voorspeler: Lynique Kruger, Kayla Smith en Melissa Fourie. Shane Erasmus ontvang hierdie toekenning drie keer!
•Beste middelveldspeler: Bianca Cronje. Liize Cilliers ontvang hierdie toekenning ses keer!
•Beste verdediger: Juanette Prinsloo. Beide Anjuné Swart en Melissa Fourie ontvang hierdie toekenning drie keer!
Shane en Liize word twéé keer as speler van die wedstryd aangewys. Anjuné, Melissa en Liize word opgeneem in die uitnodigingspan wat in September na Nederland toer!
Also read:
Parents frustrated by a lack of space in Middelburg schools
Traffic officers to appear in court for corruption
#TrafficAlert: Two dead in Kranspoort accidents
VIDEO: Two perish after truck jack-knifes
Want breaking news on the go?
• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.
• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.
• Subscribe to our YouTube channel.
• Click on the link to subscribe to our bi-weekly newsletter via email.
Have a news tip?
Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za