Sport

Die aand toe Naas opdaag

Willem Strauss, deesdae Blou Bulle baas, was altyd ’n man met ’n plan. En die jaar toe die Pumas een na die ander wedstryd verloor, het hy besluit om skoplegende Naas Botha nader trek.

Naas het al die pad van Pretoria af deurgery om die Pumas te brei.

Dit was ’n groot storie. “Baas Naas rig die Pumas af!”

Sy eerste aand kom hy byna eerste by die Johan van Riebeeck stadion aan. Hy pak kegels uit. Klap hande en is vol entoesiasme.

Lees ook: Rupert Hector was ‘n briljante skrumskakel

Na die oefening keer ek en Henk Steenkamp van Beeld hom in die kleedkamers voor.

Terwyl Naas nog geselsies maak por Henk aan: “Vra jy hom eerste!” Soos twee skoolseuns moedig ons mekaar aan: “Nee, vra jy eerste!”

Val toe weg met: “Jou entoesiasme het my verbaas, ek sien jy was vroeg hier en het sommer dadelik met die oefeninge begin”.

Vra Naas: “Nou hoe kom jy by die werk aan?”

Gevoel asof hulle een van daai ysbakke op my omkeer.

Lees ook: Suidoos en Pumas soek oudspelers

•Daar word na oudspelers en beamptes van die Pumas en Suidoos-Transvaal gesoek.

Spelers kan die kaptein van die 1983 span wat die Westelike Provinsie op Witbank in ’n Lionbeker wedstryd geklop het, Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568, tobie@mobserver.co.za. Arrie Myburgh, wat vele wedstryde vir die Blesbokke, Suidoos se B-span, uitgedraf het, help met die reëlings. Sy kontakbesonderhede is 082 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com of Gert la Grange, losskakel van die 1983 span by 083 702 5163.

 

 

 

 

Lees ook:

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie

Stoffbergpad eis nog ‘n lewe

KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button