Rupert Hector was briljante skrumskakel
Wie van die eerste Suidoos-Transvaal rugbyspan van 1969 lewe nog?

Die naam van Rupert Hector duik dadelik op, maar daarna is min bekend oor die span van ’69.
Die voorry Brian Clarke het Suidoos later afgerig, maar is ’n paar jaar gelede aan kanker oorlede.
Die span was:
Koos Grobler (keurder), Kleintjie Venter, Bill de Jager, Hendrik Steenkamp, Johan Esterhuysen, At Smit, Org du Preez, Norman Krahtz (keurder), Danny Claassen, Johan Pretorius, Rupert Hector (kaptein), George Killian, Bennie Tollemache, Olie Olivier (keurder), Anton de Lange (plaasvervanger), Brian Clarke, Callie Burger, Corrie du Plooy, Robert Honeyborne, Robert Brand (sekretaris), Flip Coetzer (president), Isaac Hirschowitz (keurder).
Hector was ’n briljante kaptein en skrumskakel en het die oes van goeie skrumskakels wat die unie verteenwoordig het ingelei. Daarna het Mike Crossman gevolg, Koos Coetzee, Louis Peterson, Klasie la Grange, Butch van Wyk en Dan van Zyl.
Dit was ’n maklike besluit om Hector die kaptein te maak, want hy het in 1962 agt wedstryde vir Transvaal gespeel.
Hy het natuurlik ook vir Transvaal en Oos-Transvaal (deesdae Valke) teen die Britse Leeus uitgedraf en het in beide kragmetings ’n drie gedruk.
Honeyborne, wat in ’n motorongeluk oorlede is, was ’n yster flank wat ook vir Oos-Transvaal gespeel het, voordat hy vir Suidoos-Transvaal gekies is. Nog Oos-Transvaal spelers was Esterhuysen, Burger en Du Plooy. Claassen het voorheen vir Noord-Transvaal gespeel.
Suidoos-Transvaal Rugby-unie is vanjaar vyftig jaar oud en daar word na oudspelers en beamptes gesoek.
’n Reünie word op 3 Augustus op Nelspruit gehou, wanneer die Pumas en Sharks mekaar in ’n Curriebeker wedstryd pak.
Oudspelers en beamptes kan Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568, tobie@mobserver.co.za, Arrie Myburgh, 82 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com of Gert la Grange, 083 702 5163.
Also read:
One dead in early morning crash
Fake notes in Belfast leads to two arrests
Theft of motor vehicles on the rise
Accident claims the life of an infant
Want breaking news on the go?
• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.
• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.
• Subscribe to our YouTube channel.
• Click on the link to subscribe to our bi-weekly newsletter via email.
Have a news tip?
Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za