Sport

Die dag toe die kolonel tussen die koerante moes ry!

“Taxxxxxxxxi...!” Dit is onvermydelik dat jy as koerantman een of ander tyd taxi speel - vir spelers, vir beamptes, pastore, skeidsregters...

Toe die Cardiff rugbyspan op Witbank teen Suidoos-Transvaal kom speel het, het hulle ’n taxidrywer gesoek en jy moes instaan.

Met ’n verwronge sin van verantwoordelikheid was jy die laaste om by die Johan van Riebeeck stadion weg te ry. Want sien, jy moes bly, want netnou mis jy ’n storie. Dikwels gewag om die sekretaris, Robert Brand, of die president, Hennie Erasmus, by die huis te gaan aflaai. Die gesels het in die groot saal agter die Johan van Riebeeck Stadion begin en dan in die vroeë oggendure oorgeskuif na die president se kantoor.

Lees ook: Kies jou beste Suidoos span ooit

Vroegaand was daar bobotie met slaaie, wat tannie Meisie la Grange en Heleen Weber voorberei het, saam met ’n klomp ander staatmaker vroue.

Die president van die tuisunie het ’n toespraak gehou en dan het die besoekende span se president gepraat. Gewigtige voordragte. Daar is gewoonlik oor die skeidsregter ’n grappie gemaak. Dasse is oor en weer uitgeruil en spelers wat hulle baadjies verdien het, is na vore geroep. Dit was die groot oomblik van die aand. Spelers sou hulle lewens gee vir daardie baadjie met varkoor of dit nou vir die Suidoos span was of die Blesbokke, die B-span.

Die ou staatmaker voorry van Witbank se tweede span, Sieg Stander, se grootste oomblik in sy lewe was toe hy vir die Blesbokke kon uitdraf.
By een onthaal het dr Danie Craven onder die koerantmanne ingevaar en hulle erg geroskam. Ons het maar net skaapagtig daar gestaan.

Wanneer dit huistoe gaan tyd was en nog vroeg genoeg, het ons eers by George, “Die Griek”, se kafee gestop, om een of ander snaakse drankie te drink. Die president en George was groot vriende.

Lees ook: Die drie reisende joernaliste

Dan was daar die taxi na Bronkhorstspruit. Twee van Witbank se tweede span spelers, ons los liewer hulle name, het gevra om saam te ry. Op pad na Bronkhorstspruit het hulle ’n bottel rum uitgehaal en “liggies” begin kuier.

Op Bronkies was hulle baie spraaksamig en lus om te speel. So lus, toe die eerstespan twee beserings het, het hulle aangebied om nog ’n wedstryd te speel. Op die pawiljoen het die tweede span spelers gemor: “!&!^boys, iemand stink na rum”.

Na die tyd is die spanne by die Bronkhorstspruit Hotel onthaal en was dit ’n geskrum om die twee rumdrinkers weer by die huis te kry.

Die afgelope week is pastoor Abel van Zyl oorlede. Hy het baie saamgery. Een aand het hy gebieg dat hy vreeslik skuldig voel. Toe Suidoos die Westelike Provinsie op Witbank geklop het, het hy gebid dat Harry Muller se laaste skop oor moes wees. Die pastoor het gemurmureer of dit reg was dat hy vir ’n skop moes bid. Kan darem byvoeg dat sy gebed verhoor is – die skop was oor!

Ag nee Gerrie!

Lees ook: Rupert Hector was ’n briljante skrumskakel

Suidoos gaan speel een aand op Sasol teen Vaaldriehoek. Ry alleen met die werk se Ford Escort Sport daarheen, maar weet iemand sal moet saam terug ry, want in die nag, ja, sal dit nag wees. Vra vir vise-president, Gerrie Gerrits, na die onthaal hy moet net voor my ry, sal volg.

Gerrie laai al die spelers en die tesourier, Henri Gous, in sy Mercedes, en daar gaat hy! Ry vir my weg. Maar Gerrie het nie rekening gehou met die warm Ford nie. Sit op sy gat, deur verleggings, draaie, swaaie. Lyk soos Fast en Furious! Mercedes Escort, Escort Mercedes.

Na so vyftig kilometer stop Gerrie. Al wat Henri Gous, wat gehakkel het, kon uitkry is: “J-j-j-innetjie, maar dié Ford loop huh!” Gelukkig het Harry Muller toe verder saamgery.

Suidoos-Transvaal het op ’n keer op Secunda gespeel, na die tyd is ’n groot onthaal gehou.

Het met die werk se afleweringsbakkie Secunda toe gery, met die gesinnetjie voor en ’n bak vol koerante agterin.
Sommer vroegaand weer die pad terug gevat.

Lees ook: Die aand toe Naas opdaag

Dit is toe dat die gesiene kolonel Izak Potgieter, stasiebevelvoerder van die Witbank Polisiestasie, vra of hy kan saam ry, want hy is nie lus vir die gekuier nie.
Het net daar vasgeskop: “Kolonel kan nie tussen die koerante sit nie!”

Maar die kolonel het aangedring, hy wil huistoe.

En daar sit die kolonel agterin die bakkie, tussen die bondels koerante, al die pad van Secunda af!

•Saterdag gaan die “taxi” deur Leon van den Berg na die Mbombela Stadion bestuur word.
Leon wat in 1976 ’n staatsaanklaer op Witbank was en vir die dorp heelagter gespeel het. “Leon, die skoppende aanklaer” was die berig wat jy oor hom geskryf het, se opskrif.

•Om die rugby-unie se vyftigste bestaansjaar te vier, word daar op 3 Augustus ’n reünie op Nelspruit gehou, wanneer die Pumas en Haaie in ’n Curriebeker wedstryd kragte meet.
Daar word na oudspelers en beamptes gesoek.

Spelers kan Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568, tobie@mobserver.co.za. Arrie Myburgh help met die reëlings. Sy kontakbesonderhede is 082 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com of Gert la Grange, 083 702 5163.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Pappa aap dink ‘mammegaai’ is ‘n vrytjie

Stoffbergpad eis nog ‘n lewe

KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

 

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button