Sport

Sterkste senior hokkieskool in Mpumalanga!

Hoërskool Middelburg is die algehele sterkste senior hokkieskool in Mpumalanga met al die skitterprestasies wat die naweek behaal is.

•Die eerste dogters hokkiespan het Saterdag teen Ermelo in die Mpumalanga finaal gespeel.
Dit was ’n moeilike stryd, maar Middies het uitstekende hokkie gespeel en geseëvier met ’n telling van 2-1.

•Die Hommels (tweede span) wen ook in die Mpumalanga finaal. In die eindstryd pak hulle Ligbron op die Ligbron Astro en wen 1-0.
Soos hul spankreet: “Demolish!” sê, vee hulle alles plat wat voorkom.

•Die o/16A hokkiemeisies is ware ysters, in die volle sin van die woord.

2019 het afgeskop met ’n splinternuwe afrigter, naamblik Brighty Mashaba. Almal moes mekaar van vooraf leer ken, nuwe posisies speel, asook nuwe spelpatrone en tegnieke aanleer.
Ure se sweet en in-oefen is weekliks ingesit op MHS se Astro. Nuwe strategieë is saam beraam, voor en na elke wedstryd – soms suksesvol en ander kere nie.

Die seisoen het afgeskop met MHS wat HTS Middelburg met 1-0 geklop het en ’n gelykop wedstryd teen Nelspruit met 3-3 in die liga.

In die uitspele kom hulle te staan teen Ligbron en Standerton, met wie hulle onderskeidelik met 1-0 en 2-1 klaarspeel en eerste in hul poel eindig.

In die kwartfinaal wen hulle Bergvlam 6-0. In die semi-finaal teen Nelspruit speel hulle gelykop met 2-2, waarop die agtsekonde doelslane volg en Middies se meisies met 3-1 wen.
In die finaal verloor hulle teen Volksrust met 1-2.

Hulle is dus die grootskole kampioene hierdie seisoen en eindig tweede in Mpumalanga.

•Die hokkiedogters word sterkte toegewens vir die Noordvaal kampioenskappe vanaf 8-10 Augustus.

•Die eerste seuns hokkiespan is die Noordvaal B-kampioene nadat hulle in die finaal vir Hoërskool Menlopark geklop het.

Hulle wen op hul eerste dag beide hul wedstryde gemaklik met 5-0 teen Stanford Lake College en Vereeniging Gimnasium.

In die kwartfinaal klop hulle Hoërskool Linden met 4-1 en dring deur na die semi-finaal, waar hulle met 8-0 oor Potch Volkies loop.
Die finaal teen die bekende “magtige Menlopark”, was beslis een van die spannendste wedstryde van die toernooi.

Kyle Christi van MHS teken die eerste doel aan en Menlopark volg dit vinnig op met ’n doel om dit ’n gelykop 1-1 eindtelling te maak.
Hierna volg die gevreesde agt sekondes.

Kevin Santos teken die eerste doel vir MHS aan, maar Menlopark slaan terug en die telling is 1-1. Beide doelwagters keer die volgende drie probeerslae van albei spanne en volg die valbyl-spel (sudden death).

Daar word wéér ’n muntstuk opgeskiet en Menlopark wen die loot en kry kans om eerste die doelkas aan te val.

Hulle het egter nie rekening gehou met Erich Nell, MHS se briljante doelwagter nie. Hy keer die eerste probeerslag. Kevin Santos kon egter ook nie afrond vir MHS nie.
Menlopark se kaptein neem verantwoordelikheid vir die tweede probeerslag, maar Nell hou die telbord op 0-0.

Middies se kaptein, Vincent Mostert, is volgende aan die beurt en hy plaas die bal verby die doelwagter in die kas. Middies wen die finaal 1-0.
Kevin Santos is aangewys as die beste speler van die toernooi.

•MHS se o/14A hokkieseuns het aan die Noordvaal B toernooi deelgeneem in Klerksdorp

Hul wen die eerste wedstryd 4-0 teen Louis Trichardt en daarna vir Hoërskool Sasol met 3-0.

In die kwartfinaal klop hulle Potch Volkies 4-1 en in die semi’s vir Ligbron Akademie met 5-1.

Die span verloor in die finaal teen Monument in ’n harde wedstryd met 1-2 en bring silwer huistoe.

•Die o/16A hokkieseuns het deelgeneem aan die Noordvaal (A) toernooi. Hul verloor teen Potch Gimnasium, speel gelykop teen Pietersburg en wen Transvalia en Noordheuwel. Hulle eindig algeheel negende in die toernooi.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button