Jong netbalspan teen bestes
Hoërskool Middelburg se o/14 en o/17 netbalspanne was die naweek by EG Jansen in aksie teen die top netbal skoolspanne in Suid-Afrika.
MHS se o/14 span het deelgeneem as die nommer een span in Mpumalanga en het teen skole soos Eldoraigne (Gauteng 3), Kalahari (Noordkaap 2), Tloukena (Limpopo 1) en Daluxolo (Oos-Kaap 2) uitgespeel in hul poelwedstryde.
Die o/14 se eerste uitspeel wedstryd was teen Montana teen wie hul in die NWU Puk reeks verloor het in die semi-finaal. Mandy van der Westhuizen, hulle afrigter, het ’n goeie motiveringspraatjie gegee en hulle het hard gewerk om uiteindelik teen Montana (Gauteng 2) te wen met ’n punt.
Daarna het MHS teen Oranje Meisieskool (Vrystaat 1) hulle volgende wedstryd gespeel, hul het halftyd voorgeloop maar het gesukkel met aanval en gesneuwel in die 2de kwart.
Die volgende wedstryd was teen Rustenburg (Noordwes 1). Rustenburg het net-net gewen.
Laaste was Paarl Gimnasium (Wes-Kaap 3) waar die o/14’s uitgespeel het vir 7/8ste plek. Paarl Gimnasium kon net met twee punte wen.
Die o/14’s het 8ste geëindig.
Ander nuus:
Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is
Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo
Seuns vloek bejaarde in padwoede insident
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za