Skool met roemryke sportgeskiedenis het vier in eindstryd
Hoërskool Middelburg het ’n Springbok kaptein opgelewer en sy hoof van destyds het die Comrades gewen.
Nou speel die skool met vier spanne in die Virsekerbeker eindstryd met ’n hoof wat vir die Vrystaat se rugbyspan uitgedraf het.
Wynand Claassen het die Bokke in Nieu Seeland gelei tydens die berugte betogertoer in 1981 en sy pa, George, het die Comrades in 1961 gewen.

More gaan vier spanne van Middies probeer om Virsekerbeker glorie te smaak, wanneer hy met sy o/14A, o/15A, o/16A en sy eerstespan in die eindstryd speel.

Sy huidige hoof, mnr. Johan Stronkhorst, het vir die Vrystaat se senior span uitgedraf, nadat hy op loskop vir Shimlas en die Vrystaat o/20 span uitgeblink het.

10:30 Die o/14A span pak Jeugland
11:45 o/15 vs Oos Moot
9:45 o/16 vs Heidelberg Volkskool
8:30 Die eerstespan speel teen Hugenote van Springs.
Die wedstryde word by Hoërskool Marais Viljoen in Alberton gespeel.
Ander nuus:
Familietwis kom tot uitbarsting
Bestuurder van Scirocco kom na vore
Jong man sterf tien dae na ongeluk
Puma afrigter sê borge wat nie verpligtinge nakom nie is ‘lafaards’
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za