HTS Middelburg het aan die Pionier 7’s-Toernooi in Vryheid deelgeneem. Beide die Rooies se o/15A’s en o/17A’s dring deur na die nasionale 7’s kampioenskappe, die Champ of Champions, wat op 18 Oktober by Camp Discovery plaasvind.
Die seëvierende sewes spanne. Foto van die o.15A- en o.17A-Kampioene:
Voor: Kutloano Seabela, Erick Jooste, Ricardo Correia, Darius Prinsloo en Francois Odendaal.
Middel: Tristan Juries, Jared Williams, Damian Markus, Jacquin Jacobs, Christiaan Vlok, Cyle Visagie, Tshepo Tsandzana en Roniel Putter. Agter: Christiaan Botha, Erich Uys, Deacon Vlotman, Alec Vermaak, Johnathan Durrheim en Luchan Mouton. Heel agter: Streeksbestuurder van Twizza, mnr. Deon van Straaten (spanbestuurder), Francois Pretorius, JW Marè, Rikus Prinsloo, mnr. Alec Strydom (afrigter), mnr. Coene Nolte (afrigter), mnr. Elric Pretorius (kondisioneerder), mnr. Brendan Coetzee (afrigter) en Hardus Visser. FOTO: Annemarie Prinsloo.
Uitslae van die onderskeie wedstryde is soos volg met die Rooies se tellings eerste:
o/15A – Kampioene
62-0 vs Ferrum
31-7 vs DHS
78-0 vs Penryn
38-0 vs Pionier (semi-finaal)
20-10 vs DHS (finaal)
o/17B – Naaswenners
46-5 vs Standerton se o.17A’s
48-0 vs Vryheid se o.17B’s
20-5 vs Pionier se o.17A’s
41-7 vs Penryn se o.17A’s
12-31 vs Sarel Cilliers se o/17A’s (semi-finaal)
o/17A – Kampioene
24-0 vs Sarel Cilliers se o.17A’s
43-5 vs Vryheid se o.17A’s
59-0 vs Standerton se o.17B’s
46-0 vs Ferrum se o.17A’s
30-5 vs Pionier se o.17A’s (semi-finaal)
45-0 vs Sarel Cilliers (finaal)
Die Mpumalanga 7’s-Kampioenskappe vind oor ’n week op Barberton plaas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.