Gallery: Honderde vaar strate in met Rooies nagwedloop
Die Rooies - HTS Middelburg - se jaarlikse nagwedloop het gekom en gegaan, en die aand het weereens bewys waarom dit ’n hoogtepunt op die skool se kalender is.

Die nagwedloop is voorafgegaan deur die skool se jaarlikse Groot Raas geesvangaand, en die kranse het behoorlik antwoord gegee.

Die uitslae van die nagwedloop lyk so:
• 10 km vroue: Ope Britney van der Merwe, Eunice Nalapho en Meceila Brits (Rooies); 40+ Eunice Nalapho; 50+ Charmaine van der Merwe; 60+ Annalize de Klerk; Junior Britney van der Merwe; hoërskool Lika Olivier (Rooies) en laerskool Kayla Ellis.

• 10 km mans: Ope Moses Mahlangu, Collin Khoza en Graeme Malinga; 40+ Graeme Malinga; 50+ Sipho Mokwena; 60+ Stoney Steenkamp; 70+ Neels Vermeulen; junior Brandon Joubert; stapper Phillip Joubert; hoërskool WJ Esterhuizen (Rooies) en laerskool Leandré Rozyn.

