Sport

Na haker se heldedade verpletterende nuus

Die een oomblik was hy met ’n driekuns aan drieë die held van die Tukkies rugbyspan, die volgende is hy verpletter met die nuus dat sy loopbaan, ten minste vir hierdie seisoen, aan skerwe is.

Die vuurvreter Tukkies haker, Werner Fourie (21), het die aand na sy driekuns teen Pukke, verneem dat hy ’n breingewas het.

Fourie is ’n oudleerling van Hoërskool E.G. Jansen in Boksburg en het vir die Valke aan die Cravenweek deelgeneem.
Hy het ’n blink rugbytoekoms en het ook vir die Bulle se o/19 en o/21 spanne uitgedraf.

Tydens die wedstryd teen die Noordwes Universiteit, wat Tuks 42-40 gewen het, het Fourie harsingskudding opgedoen en gekla van hoofpyne.

Later die aand het die hoofpyne vererger en is hy na die Life Groenkloof Hospitaal se ongevalle afdeling, waar ’n skandering gedoen is.
Die volgende dag het ’n MRI skandering die breingewas gewys.

Oor verdere mediese behandeling en operasie is daar op hierdie stadium volgens Fourie nog nie sekerheid nie. Wanneer hy geopereer gaan word weet hy nog nie.
Hy is egter vol vertroue om sy rugbyloopbaan volgende jaar voort te sit.

Die nuus het Tuks se rugbykamp soos ’n vuishou tussen die oë getref. Tydens sy kragmeting gisteraand teen die Sentraal Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein, het die span gesukkel om aan die gang te kom en was rustyd agter, maar het uiteindelik 40-23 gewen.

Tukkies se kaptein vir die 2020 seisoen is Middelburg se Marius Verwey.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button