Sport

Meesters wys jonges hoe

Middelburg se ouer swemmers kan enige jong swemmer ’n ding of twee wys, nadat hulle uitstekende uitslae by die Suid-Afrikaanse Meesterskampioenskappe in Germiston behaal het.

Twee swemmers, Jana Grobler en Carol Bruining, het met goue medaljes van die kampioenskappe teruggekeer.
Die eerste vier dae was swembad-items en die laaste dag die damswem.

Daar was ’n totaal van 411 deelnemers waarvan die jongste 20 jaar oud en die oudste deelnemer 95 jaar oud was.

Plaaslike swemmers het deelgeneem as lede van die Coelachant Meestersklub wat in Pretoria gebaseer is. Dié klub het 138 deelnemers gehad.

Die plaaslike swemmers het as volg presteer in die swembad-items:

•Elmarie Keys (derde 200m borsslag, sewende 100m borsslag, 12e 50m borsslag en vierde 200m individuele wisselslag).
•Jana Grobler (tweede 800m vryslag, derde 400m vryslag, sewende 100m vryslag en sesde 200m vryslag).
•Richard Townsend (negende 800m vryslag en 400m vryslag en sesde 200m en 400m individuele wisselslag).
•Carol Bruining (derde 50m rugslag en 800m vryslag, vierde 100m vryslag en 400m vryslag en vyfde 50m vryslag). Sy het ook vier brons medaljes verwerf as deel van haar aflosspanne.

Die Middelburgers se uitslae in die damswem:,

•Jana (50-59 jaar) wen goud in die drie kilometer.
•Carol (60-64 jaar) verwerf ’n goue medalje in die een kilometer.
•Richard (50 to 54) derde in die een kilometer.
•Elmarie (60 to 64) derde in die een kilometer.

Vra enige swemmer en hulle sal vir jou sê dat damswem al jou energie tap.

Hulle het bietjie vertel wat in hulle gedagtes aangaan as hulle teen al die elemente moet stry in die ysige water.

•Richard sê hy bly gefokus, konsentreer op elke beweging in die water en skat hoe ver die einde is.
Hy wonder of sy swembril nog in plek is en wat ek sal doen as dit lek of toewasem.

“Ek probeer om nie te dagdroom nie, maar wonder tog oor my tyd. As ek begin moeg word, dan vra ek myself af waarom ek dit doen, veral as jou arms en bene soos lood begin voel.” Hy konsentreer die meeste op sy asemhaling.

•Elmarie dink net aan één ding: “Trust your training’, want ek kan nie die streep sien nie. Ek swem vir my kankerpasiënte (daar is baie) en ek ‘dink hulle deur’ soos ek swem.”

•Jana: “Ek probeer my kop af hou en begin so gou moontlik my ritme kry en dan begin ek sing!”

Sy het ’n paar liedjies wat sy deurwerk, maar die een wat sy aanmekaar sing is “oom Carolus se liedjie uit Habakuk 3 in die Bybel. Die stuk oor die vyeboom wat nie bot nie.”

Hy het die woorde net bietjie aangepas en sy sing lustig saam. “Al sou ek val dat die nerwe waai en my fiets se wielietjie weier om te draai, nogtans sal ek in die Here jubel sal ek juig in God my Redder. Die Here my God gee my krag Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok op hoë plekke laat Hy my veilig loop.”

Sy sing dit aanmekaar en so tussenin loer sy of haar rigting nog reg is. “En ek konsentreer op bubbles blaas en diep asemhaal en bid dat ek nie moet verdrink nie.”
Jana vertel ook laggend dat haar man, Kobus, haar aanmoedig na elke rondte met: “Go Jane go!”

Carol: “Ek dink aan elkeen van my drie kinders en probeer my tegniek reg hou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button