Sport

Japanner kan dalk by Jake op Loftus aansluit

’n Hoogaangeskrewe Japannese kondisioneringspesialis kan hom dalk by Jake White se afrigtingspan by die Blou Bulle aansluit.

White is besig om ’n A-span bymekaar te maak om Bulglorie terug te bring na Pretoria en het nou ook Toyota Verblitz, waar hy vroeër afgerig het, se Hitoshi (Ippo) Ipponsugi in sy visier.

Ipponsugi was saam met White by die Brumbies toe hy in die 2011-2013 seisoen in Australië afgerig het.

Ippo, soos hy bekend staan, het aan die Canberra Universiteit studeer en sy internskap by die Brumbies gedoen, voordat hy by Kubota Spears in Japan aangesluit het.

Hy is daarna na Toyota Verblitz waar hy en White se paaie weer gekruis het.

Sy posisie by Verblitz is “hoof van fisiese prestasie”.

’n Jong Henning Gericke en Willem Strauss afgeneem saam met die oud Noord-Transvaal flank, Gert Grobler afgeneem toe die driemanskap ’n groot rol gespeel het om die Pumas ’n wenspan te maak.

Ipponsugi is egter nie die enigste aanwins in White se visier nie. Dit is alombekend dat hy sy wêreldbeker vennoot, dr Henning Gericke, wat toevallig vandag 60 jaar oud is, graag weer betrokke wil kry.

Dr Gericke het ’n groot rol gespeel in spanharmonie tydens die 2007 wêreldbeker wat die Bokke onder White gewen het.

Met ’n nuwe afrigtingspan en ’n nuwe groep spelers weet White dat dr Gericke ’n reuse verskil kan maak om die Bulspan in een rigting te laat trek.

Die Blou Bulle president, Willem Strauss, en dr Gericke kom al saam sedert hy as jong bestuurder by Mpumalanga Rugby-unie aangestel is. Dr Gericke was een van die eerste persone wat hy betrokke gekry het om die Pumas op die wenpad te kry.

Nog name wat genoem word vir White se nuwe afrigtingspan is die oud haker en biokinetikus, Jannie Brooks, en Andre Volsteed wat ook hoog aangeslaan word as krag- en kondisioneringsafrigter.

•Intussen het die Bulle aangekondig dat die Vrystaatse slot, Sintu Manjezi, op 1 Julie by die Bulle aansluit.

•Nog ’n Vrystater, Grey se afrigter, Wessel du Plessis, het verlede week ’n aanbod aanvaar om die Bulle se junior spanne onder hande te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button