Sport

Wie is hierdie brawe Jan?

Jan? Jan wie?

Ons stel bekend, Jan-Hendrik Uys, die slot met die aangee van Sonny Bill Williams!

Toe Jake White vir Jan kontrakteer het Blou Bul ondersteuners die kop geskud met ’n “Jan wie?”.

Hoe kon hierdie bielie vir soveel jare onder die rader speel? Die bekende name was immers die twee jong meer bekende slotte in Frankryk Jacques (Sheep) du Plessis en Paul Willemse, wat intussen sy debuut vir die Hane gemaak het.

Maar Jan Uys?

Alhoewel hy as Kapenaar gereken word, is Jan op 3 Januarie 1994 op Potchefstroom gebore.

Hy het later aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer en vir die Wetselike Provinsie aan die o/16 Grant Khomoweek deelgeneem in 2010. Na die week word hy in die Suid-Afrikaanse hoë prestasie groep opgeneem. Hy speel ook vir WP in die Akademieweek.

Na skool sluit hy by die Westelike Provinsie Instituut aan en speel in die o/19 en o/21 reeks.
Hy was kaptein van die o./19 span.

In 2014 is hy lid van die Ikeys span wat die Pukke in die Varsitybeker eindstryd op Potchefstroom met 33-39 klop.

Die volgende jaar maak hy ’n vinnige draai by die OP Kings voordat sy reis na Frankryk begin waar hy eers vir Pau en Later vir Brive uitdraf. Dit is by Brive waar White hom weggerokkel het.

Uys is ’n bul wat die skaal op 120 kilogram trap en 1.99m in sy sokkies staan.

Dit is egter veral sy balvaardigheid wat rugbyentoesiaste se tone laat omkrul van lekkerte – sulke regte Sonny Bil aangeë.
Wanneer Uys se videos bestudeer word staan jy verstom dat hy nou eers in Suid-Afrika na waarde gereken word.

Na 2021 gaan Bul ondersteuners dalk nie vra “Jan wie nie” maar sing “Jan-Jan die bielie van die Bosveld”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button