Sport

Het Loftus eersdaags weer ’n Liefling?

Halóóó...ek is ook nog hier!

Chris Smith (25), sal seker nie kwalik geneem word as hy mense wil herinner dat hy darem ook nog rugby speel.

Die groot nuus was dat losskakel Manie Libbok vir die Haaie gaan speel en Jake White met “ouman” Morné Steyn opgeskeep sit.

Watwou!

Een van die land se blinkste jong losskakels het so stil-stil ’n Blou Bul geword en kan Pretoria na Covid-19 aan die brand speel.
Onthou hoe het ’n nog-nat-agter-die-ore, Derick Hougaard, uit Piketberg Pretoria se liefling geword?

Nou is daar weer ’n volbloed Kapenaar wat die nommer tien trui in 2021 sy eie kan maak.

Wanneer jy in Kaapstad gebore is, jou rugbytande by SACS geslyp, Maties gehelp het om die Varsitybeker te wen en reeds die WP trui oor die kop getrek het, is jy so Kaaps as snoek en Tafelberg.

Smith is gou deur Jimmy Stonehouse raakgesien, wat hom ’n kontrak aangebied het om sy rugby na Universiteit op Nelspruit te speel.
As hy ’n wildboer was sou Stonehouse onder die land se beste telers getel het. Hy weet hoe om ’n bok ’n Springbok te maak.

Nadat Smith aan die Bulle geleen is, het hy intussen sy hand op papier gesit om vir die Bulle te speel.
Dit is algemeen bekend dat hy hoog deur White aangeslaan word.

En die losskakel met die dodelike skopvoet weet hoe om bekers te wen. Nie net was hy lid van die Maties span wat die Varsitybeker verower het nie, maar in die 2018 seisoen het hy 131 punte aangeteken om die Pumas te help in die verowering van die SuperSport Uitdaagbeker. Hy het die seisoen 323 punte vir die Laevelders aangeteken.

Nou wag ’n loopbaan by die Bulle en dalk nog bekers vir Smith en White.

Die Pumas het intussen die belowende jong Tukkie losskakel, Fiela Boshoff, bekom om Smith te vervang.

Dalk, dalk net, sing Gé eersdaags weer “Liefling…ek kan nie sonder jou verder lewe…”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button