Sport

Pumas pak Bulle net na ontbyt

Dit is Desember en die kraaie gaap in die Laeveld. Daarom sal geen rugbyspeler op ’n Saterdagmiddag in die bloedige Nelspruit son vir tagtig minute in ’n rugbywedstryd betrokke wil wees nie.

Daarom speel die Pumas sy eerste opwarmingswedstryd Saterdagoggend (26 September) sommer alreeds net so na ontbyt, om 10:00, teen ’n span van die Blou Bulle.

Die Bulle speel ook Saterdagmiddag om 15:30 teen die Haaie, wat beslis sy uitsoek groep sal wees.

Met die talentspens wat deur Jake White volgemaak is, gaan daar genoeg spelers wees om beide die Haaie en Pumas te pak. Verskeie van die belowende o/21 groep sal waarskynlik ook speelkans kry.

Die Pumas speel sy tweede opwarmingswedstryd teen die Leeus op Emirates Airline Park op 2 Oktober om 14:00.

Geen toeskouers word tans by wedstryde toegelaat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button