Sport
Korb in SA Ope
Nie eers ’n goeie tweede rondte van 70 kon Ruan Korb help om die valbyl vry te spring in die naweek se Alfred Dunhill toernooi by Leopard Creek nie.
Na sy eerste rondte van 75 het hy ’n goeie telling nodig gehad om verder te speel, maar die 70 vir ’n totaal van 145 was ongelukkig nie goed genoeg nie.
Korb was darem in “goeie geselskap” met die hoogaangeskrewe Jacques Blaauw wat onder die voorlopers was na ’n eerste rondte van 69, maar toe val sy wiele heeltemal af met ’n 76 en kon hy ook nie die afsnypunt haal nie.
Van die ander groot name wat uit die bus geval het was George Coetzee en Jaco Ahlers.
Die gewese HTS Middelburg leerling en eerste gholfspan speler is vanaf 3 Desember by die Gary Player baan in aksie vir die groot toernooi van die jaar, die Suid-Afrikaanse Ope.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!