Oud Middelburg vleuel oorlede
Die gewese Middelburg vleuel, en op sy dag voorste drie drukker in SA, Kallie Grobler, is gister oorlede.
Daar word verneem dat hy ‘n hartaanval gehad het maar sy familie kon nie bereik word om dit te bevestig nie. Grobler het die laaste tyd op Piet Retief gebly waar die Grobler familie legendes was. Die springbok senter Danie Gerber se vrou Elsabe, het gesê ‘n ‘Grobler legende’ is oorlede en Grobler se ‘lekker laggie’ sal altyd onthou word.

Hy het nie net vir Suid Oos Transvaal die drieë ingeryg nie maar ook op regter vleuel, waar hy vir Middelburg in ‘n kampioenspan gespeel het. Begrafnisrelings is nog nie bekend nie maar intussen stroom huldeblyke van regoor Suid Afrika in vir die oud rugbyspeler. Grobler het voorverlede jare saam met verskeie oud-Suidoos-Transvaal rugbyspelers ‘n reunie op Nelspruit bygewoon waar hulle ‘n wedstryd tussen die Pumas en Natal gaan kyk het.
