Sport
Reën geen demper op Dennies Interhuis geesdrif
Laerskool Dennensig het Maandag ’n veld vol geesdriftige leerlinge verwelkom vir die skool se eerste dag van Interhuis waartydens velditems kafgedraf is.

Dinsdag is die baanitems op die program en hopelik het die sportsterre ’n droeër dag as vandag.
Skole is die afgelope twee jaar van sportbyeenkomste ontneem en dit was verblydend om te sien hoe die jongspan die atletiek volstoom aanpak.
Van diskus tot spiesgooi, gewigstoot, verspring en hoogspring, fynproewer atletiek is by Dennies opgedis. Veral die beginners het die hartsnare geroer met hul onmoeting met die gewig, spies en hoogpsringlat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
