Middies E-Sport wen in Wes-Kaap
Hoërskool Middelburg het aan die prysskiet 1 deelgeneem waar 21 geweerskuts by HTS Middelburg en 10 pistoolskuts by HTS Witbank in aksie was.
Marco de Wet en Petra du Toit het 8ste en 10de plek in die provinsie behaal in die onder 21’s by die pistole.
Van die geweerskuts was Cathrijn Davel en Gabby Loftie-Eaton 2de en 10de in die provinsie by die onder 14’s, Zoé Olivier 6de by die onder 16’s en Henri Westermann 9de by die onder 21’s.
•Hoërskool Middelburg se E-Sport span, het aan die Aanlyn Wes-Kaap Kampioenskappe deelgeneem. Hulle behaal ’n eerste plek teen twee ander spanne in CS:GO (Counter Strike:Go).
John Kim verwerf ook ’n eerste plek vir Clash R (Clash Royal) teen 22 ander spelers. Al vier hierdie seuns ontvang provinsiale kleure.

•Middie-swemmers het deelgeneem aan die naweek se Suid-Afrikaanse Nasionale Oopwater-swemkampioenskappe wat in Jeffreysbaai gehou is.
Die span het bestaan uit: Leson Visagie, Ruben Salzwedel, Jarred Visagie, Connor de Villiers, Annabelle Davel, Tyla Longueira, Cathrijn Davel. Hulle sal Mpumalanga verteenwoordig en van Vrydag 4 Maart tot Sondag 6 Maart, aan 3km, 5km en aflositems deelneem.

