Daar is weer ’n Gendall en Breytenbach
Legendes se seuns saam vir Puma o/21 in die Laeveld in aksie
Wie het dit nou kon dink? Twee van die provinsie se legendes word onthou met hulle seuns wat saam vir die Puma o/21 span uitdraf.
Daar kan boeke geskryf word oor die loopbane van Conrad Breytenbach, van Hoërskool Middelburg eerstespan ster op skrumskakel tot Noord-Transvaal en later 17 wedstryde vir die Pumas se senior span.

En dan was daar Gerry Gendall, klubman by uitstek; Ferrometals, Ermelo, Middelburg, Groblersdal en Marble Hall en 13 wedstryde vir Suidoos-Transvaal. ’n Skeidsregter se nagmerrie.
Nou is daar weer ’n Gendall, Gerald. Die jong losskakel draf Saterdag vir die Hollywood Foundation Pumas se o/21 span teen Griekwas uit by die Witrivier Rugbyklub. Afskop is om 14:00.


Langs die kant van die skrum in die nommer ses trui is Valera Breytenbach, Conrad se seun.

Ja, wie het dit kon dink? ’n Breytenbach en Gendall saam in een span na soveel jare.
