Gaan Henning Gericke se rekord meer as ’n halfeeu oorleef?
Atletiek op Menlopark se grasbaan sorg vir een na die ander rekord
Die datum is 20 Oktober 1976. Op die grasbaan by Hoërskool Menlopark tree een van die wêreld se beste junior atlete aan, Henning Gericke.
Let wel, ’n grasbaan.
Hy blits die 1500m af in 3 minute 53.6.
Dit is sy eerste Suid-Afrikaanse rekord.
Die foto waar hy oor die eindstreep hardloop word later verskeie kere gepubliseer.
Rekords steeds veilig
Vrydagaand by die skool se uitnodigingsbyeenkoms, waar Hoërskool Middelburg ook deelgeneem het, verskyn die naam Henning Gericke drie keer:
Rekord 1500m seuns 17 met ’n tyd van 3.55.30, opgestel 1977.
Rekord 1500m seuns 19 tyd 3.54.20 opgestel 1978.
Rekord 800m seuns 19 tyd 1.50.10 opgestel 1978.
Al drie die rekords is steeds veilig.

50 jaar se rekord
Kganyago Oraltiwe het die seuns 17 1500m in ’n tyd van 4:13.63 gewen.
Mbeleki Siyabonga die seuns 19 1500m in 4.09.75.
Tibana Zeca wen die seuns 19 800m in 1.55.00.
Dit was die 39ste Menlopark uitnodigingsbyeenkoms.
Volgende jaar is dit 51 jaar gelede wat Gericke die 1500m seuns 17 rekord laat spat het.
40 jaar van atletiek op die grasbaan – 50 jaar se rekord, dit gaan ’n groot een wees.
Gaan die rekord uiteindelik na 50 jaar spat?
Of gaan dr Henning Gericke, soos hy deesdae bekend is, beleef hoe oorleef sy rekords vir meer as ’n halfeeu?
Atletiek talent
Die skitterende byeenkoms het weer gewys dat Suid-Afrika borrel van atletiek talent.
Rekords het soos mieliepitte gespat.
Oud HTS Middelburg leerling, Jansen Bell, wat deesdae aan die Noordwes Universiteit studeer, het self skitterend gehardloop in die USN Classic Shoot-Out oor 1000m met ’n uitstekende tweede plek en ’n tyd van 2:22.31.
Op die rekordlys is daar ’n hele paar bekende name: Charmaine Gale, LJ van Zyl, Justine Palframan, Caster Semenya, Mbulaeni Mulaudzi en Hildegard Eloff,
