Sport

As Tukkies speel soos sy kommunikasie is staan hy nie ’n kans nie

Varsitybeker skop af met Vlok weer in die agterlyn vir sy universiteit

Die Varsitybeker skop Maandag af.
Dis al!
So voel ’n mens om te skryf.
Middelburg wemel van Tuks ondersteuners.
Oor die jare het verskeie oudleerlinge van HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg vir Tukkies uitgedraf soos Edwin Till, Bosman Grobler, Marius Verwey, Dirk Dippenaar, Boeboes Coetzee, Deon Helberg en Danie Faasen.
Die Pukke manne wat graad gevang het in Potch, sal natuurlik stry en sê daar is meer maroen ondersteuners op die dorp as enige ander universiteit.

Poging om name te bekom

Om terug te kom na Tukkies.
Die universiteit is nuus.
Daarom is gepoog om hulle Varsitybeker-groep van 2026 se name te bekom.’
Daar is begin by “Administrator” Ansie du Plessis.
Sy laat weet terug in Engels, weet nie of daar nie meer Afrikaans by Tuks gepraat mag word nie. “Unfortunately I don’t have the names yet, but I have forwarded your request to the coach and HOP. I think names will only become available closer to the game. ”
Ons stuur ook ’n e-pos aan Conrad Boshoff wat volgens Tukkies rugby se webblad “Head of Programme” is.
Geen reaksie.

Stilte

Later word me. Du Plessis weer gekontak.
Sy antwoord terug: “Names are not available yet – the team will most likely only be confirmed on Friday, and sometimes even on Monday. You can keep an eye on the Varsity Cup website as well – they load the teams on there as well.”Red ’n volk!
Nee, ons soek nie die spanlys nie, ons soek die spelers wat by julle gekontrakteer is se name.
Is Christiaan Vlok oud HTS Middelburg in die groep?
Stilte.
Ons kry ’n naam van “Bossie”.
Stuur ’n WhatsApp vir Bossie.
Stilte.

Rugby player wearing a red helmet and white jersey grips a pink and blue ball, looking focused and determined. The scene conveys action and intensity.
Edwin Till is te oud vir Varsitybeker rugby. FOTO: Verskaf.

As Tuks se spel soos hulle kommunikasie is, staan hulle nie ’n kans in die Varsitybeker nie.
Ja, Christiaan Vlok sal waarskynlik sy laaste jaar universiteitsrugby speel en hopenlik deur ’n unie opgeraap word.
Hy het ook vir die Pumas in die Cravenweek gespeel en later vir Noordwes Universiteit uitgedraf voordat hy Pretoria toe is.

Te oud vir Varsitybeker rugby

Edwin Till wat verlede jaar op haker een van Tuks se ysters was is nou te oud vir Varsitybeker rugby.
Die oud HTS Middelburg voorry sê hy is hartseer dat hy nie meer in die ouderdomskategorie is om nog vir Tuks in die Varsitybeker te speel nie.

Maandag se bepalings:

16:45 FNB Maties vs FNB UVS Shimlas – Shimla Park
19:00 FNB NWU Eagles vs FNB CUT – CUT Stadion.
19:00 UJ vs FNB Emeris – UJ Stadion.
19:00 Tukkies vs Ikeys – Tuks Stadion.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button