Sport

Botswana atleet weet waar die klok is, maar nie waar Bell is nie

Jong Jansen wys hakskene vir top veld by uitnodigingsbyeenkoms

Dit was Bell teen Botswana.
Die oud HTS Middelburg atleet, Jansen Bell, het Vrydagaand skitterend gehardloop, by die USN 1000m uitdaagwedloop, op die grasbaaan van Hoërskool Menlopark.
Hy het takties briljant gehardloop en eers die kat goed uit die boom bekyk.

Kommentators was verras

Op die einde was dit hy teen twee geharde atlete van Botswana.
Selfs die kommentators was verras toe hy vyfde rat kry en ’n uitstekende tweede plek behaal.
Die wedloop is gewen deur Botswana se Tshepiso Masalela in 2:18.42, gevolg deur Jansen in 2:22.31, Karabelo Mothlabedi van Phnatane 2:22.83 en nog ’n Botswana atleet, Letlhogonolo Mokgethi, in 2:23.00.
En daar sou seker niemand meer trots gewees het as sy pa Usher, wat ’n paar jaar gelede aan ’n hartaanval oorlede is nie.
Usher was self op sy dag ’n top hekkiesatleet.

Deur Oudtshoorn se strate

Die jong Jansen is deesdae ’n celeb.
Wie kan spog dat hy saam met die burgemeester deur Oudtshoorn se strate gery het?
By die Eden Straatmyl-reeks op Oudtshoorn het hy onder die magiese vier minute gehardloop vir ’n tweede plek.
Keanu Domingo (PTC) het gewen in 3:53,29, met Jansen (PTC) se tyd 3:58,05, Matthew Endrody (USA) 3:58,71 en Corné de Fouw (Boxer AC), 3:59,50.
Na die wedloop het Jansen saam met burgemeester Johan Allers, Keanu Domingo en Matthew Endrody op ’n voertuig deur Oudtshoorn se strate gery.

Prestasies

Die Noordwes Universiteit student het natuurlik voorheen die Loskop halfmarathon se junior afdeling gewen met ’n tyd van 1:23.08.
Hy het die 800m al afgeblits in 1:48.50, die 1000m in 2:21.44, 600m in 1:17.78, die 400m met ’n tyd van 48.23.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button