Daai Stone is weer besig met sy toertjies in Mbombela
Pumas behaal groot oorwinning oor Leeus in die Bosveld.
Wat broei weer in Mbombela?
Dit is andermaal daai Stone, daai Stone, daai Stone…house.
Jaar na jaar gaan haal hy die ‘weeskinders’ wat nie kontrakte by groot provinsies kry nie, brei hulle onder die warm Laeveld son en dan word hulle Springbokke of slaan vet kontrakte elders los.
Varsitybeker uitblinkers kry ook gereeld ’n tuiste in Nelspruit. Mens moet ook darem byvoeg dat die Mpumalanga Rugby-unie se hoof uitvoerende beampte, Marius Janse van Rensburg, self ’n oog het vir rugbytalent.
Na die Pumas se wegholoorwinning oor die Leeus by die Phamale Sportkompleks buite Modimolle die naweek, is dit duidelik dat die Puma afrigter, Jimmy Stonehouse, weer besig is om sy toertjies uit te haal.
Die Leeus is met 40-12 afgeransel.
By dieselfde rugbydag in die Bosveld het ’n Bulle vyftiental met 35-19 teen die Valke gewen.
Die Bulls Daisies het die Grens se vroue met 100-0 afgeslag.
Ander uitslae die naweek in die Sibanye Stillwater Superliga is:
Naka Bulls 81 – Witrivier 20.
Wanderers 52 – Springs 26.
Grizzlies 43 – Centurion 14.
Sibanye Warriors 22 – Nigel 10.
Vereeniging 40 – Harlequins 34.
Northam Rhinos 76 – TUT 5.
Mogol 17 – Harties 10.
Oryx 31 – Kwagga 8.
Knights 26 – Potties 24.
Noordelikes Pretoria 29 – Letaba 24.
Loskop 25 – Pretoria 24.
Siyanda 40 – Atteridgeville 13.
Nylstroom 33 – Bronkies 7.
Dipoo Noordelikes 25 – Limpopo 23.
Die Varsitybeker skop more (Maandag) af :
Shimlas pak Maties om 16:45. TV-wedstryd.
Central University for Technology (CUT) van Bloem speel teen NWU Eagles, Pukke, om 19:00.
Universiteit Johannesburg (UJ) pak Emeris (Ou Varsity College) om 19:00.
Tuks speel teen Ikeys om 19:00. Televisiewedstryd.
- Oud HTS Middelburg en Cravenweek senter, Christiaan Vlok, speel vir Tukkies.
