Sport

Korb speel skitterende tweede rondte by Fancourt

Potgieter oorleef valbyl in strawwe Amerikaanse PGA-reeks

’n Skitterende tweede rondte, opgevolg deur ’n droewige laaste rondte.
Dit som Ruan Korb se telkaart op by die NTT Pro-Am gholftoernooi wat by Fancourt net buite George aangebied is.
Hy het begin met ’n 73, dit opgevolg met ’n 66 en daarna die kluts kwyt geraak met ’n liederlike 76 vir ’n -1 op sy telkaart.Gholflegende Ernie Els het -3 op sy telkaart ingevul.
MJ Daffue het die toernooi gewen net ’n -16.

Sonskynreeks

Die Sonskynreeks aksie skuif die week na Durban waar die Jonnsson Workwear Durban Ope aangebied word.
Wanneer jy die afsnypunt in die strawwe PGA-reeks oorleef, is dit seker alreeds ’n prestasie.
Aldrich Potgieter het by die Pebble Beach Pro-Am in Amerika rondtes van 74 70 68 en 71 gespeel vir ’n 283 en -5.
Sy laaste rondte het oor die eerste nege twee voëltjies en twee brouhoue ingesluit en oor die laaste nege het hy net een hou afgestaan en drie voëltjies ingeryg.

Die toernooi is deur Collin Morikawa gewen met -22.
Die PGA se volgende toernooi is die Genesis Invitational.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button