Sport

Oliver Bekker wen in Durban met bestendige gholf

Aldrich Potgieter maak sy stem dik in Amerika

Minder gewig, meer voëltjies.
Miskien moet dit wees, minder gewig, meer arende.
Die oud Middelburger, Aldrich Potgieter, het volgens berigte 18 kilogram afgeskud en nou laat rol hy die voëltjies in.

Twee arende

Nadat dit maar broekskeur gegaan het in die Amerikaanse PGA-reeks het hy die naweek op die laaste rondte van die Genesis Uitnodigings-toernooi twee arende gesink.
Sy rondte het ook twee brouhoue en ’n voëltjie ingesluit.
Hy het ’n -15 op sy telkaart ingevul, net drie houe agter Jacob Bridgeman op -18.
Rory McIlroy het ’n -17 gespeel.
Voor dit het Potgieter in drie toernooie die afsnypunt gemis.

Herwin vorm

Op die plaaslike front het plaaslike prokureur Leon van den Berg se skoonseun, Oliver Bekker, sy ou vorm herwin en die Jonsson Crane Durban Ope gewen, na ’n bestendige 65 68 en 67.
Oud HTS Middelburg leerder, Ruan Korb, het self bestendige gholf gespeel in Durban met rondtes van 70 70 en 72 vir ’n 212. Die aksie skuif nou na Stellenbosch vir die Investec Suid-Afrikaanse Ope vanaf 26 Februarie tot 1 Maart.
Die hoogaangeskrewe Amerikaner, Patrick Reed, het ook vir die toernooi ingeskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button