Oud HTS Middelburg leerling en gholfspeler, Ruan Korb, het een van sy beste vertonings gelewer in die Sonskynreeks tydens die Serengeti Uitdaagtoernooi. Aldrich Potgieter het nie die afsnypunt by die Spelers kampioenskappe in Amerika oorleef nie, met ’n +7 op sy telkaart.
-13 Vir die toernooi
Korb het rondtes van 72, 66, 68 en 69 gespeel vir ’n totaal van 275 en -13 vir die toernooi.
Op die laaste dag het hy oor die eerste nege vier voëltjies gesink, maar ook twee brouhoue afgestaan.
Oor die volgende nege het hy bestendige gholf gespeel, met twee voëltjies, een brouhou en ses putjies baansyfer.
- Die toernooi is deur Daniël van Tonder gewen met -21.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
